Harvester

Preke

Hoekom Trou?

In die lig van al hoe meer huwelike wat eindig in die skeihof, al hoe meer jongmense wat saambly, huwelik seremonies wat te duur geraak het, en tans te midde van Covid 19 nie kan plaasvind nie, is die onwillekeurige vraag: Hoekom moet ons trou? Dis tog net ‘n papier. Is ons nie voor die Here getroud as ons alreeds saam geslaap het nie? Wat sê die Bybel, hoekom moet ons trou?

Lees verder »

Van waardeloos tot Meesterstuk

Wat is ek werd? Wat is die waarde van ‘n mens? Sommige mense voel minderwaardig, en ander dink hulleself meerwaardig, hoe kan ek reg dink oor myself? Hoe voel jy oor jouself? Voel jy goed? Of voel jy soos ‘n mislukking? Ons lewe in ‘n era van selfies, selfbeheptheid, self-aktualisering en self-beskikking, het ons nou werklik nog ‘n preek nodig oor selfwaarde? Dink die mense hoeka nie te veel van hulleself nie?

Lees verder »

Gesonde Hart Gesonde Fokus

Die mensdom hunker om na waarde geag te word. Sal iemand net ‘n bietjie tyd maak vir my… belangstel in my… ek wil ook iets van waarde doen… Leer om soos Jesus na die wêreld en jouself te kyk.

Lees verder »

Verseël jou verbondenheid met die Heilige Gees

Ons almal hunker na die tasbare teenwoordigheid van die Here, in die boodskap verduidelik Jan Oosthuizen die verskil tussen die alomteenwoordige, inwonende, en geopenbaarde teenwoordigheid van die Here. Hoe kan meer kontant bewus bly van Sy teenwoordigheid?

Lees verder »

Hoe Lofprysing jou geestelike immuniteit opbou

In tye soos hierdie kan mens jouself nie help nie, om soms terneergedruk en swaarmoedig te voel nie: Die covid 19 pandemie en gepaardgaande onsekerheid, wetgewing wat nie sin maak nie, waarin ons geen sê gehad het nie, ontneem ons van noodsaaklike inkomstes.Ons lofprysing hier op aarde is ook soveel meer betekenisvol omdat ons God nie kan sien nie, nog nie die beloning of vervulling van ons geloof ontvang het nie! Ons loof die Here omdat ons glo!

Lees verder »

GEBED wat God se hart ONTSLUIT

Een van die primêre voordele van kindskap is; jy kan jou ouers enigiets vra. Alhoewel hulle nie altyd in staat is om jou te help nie, voel jy vrymoedig om hulle enigiets te vra. Niemand staan en pleit by die vrugtebak: “ag mamma, kan ek asseblief tog ‘n vrug kry nie!!?” ‘n mens kan baie vinnig van ‘n persoon se gebed aflei, of die betrokke persoon die geskenk van kindskap en aanvaarding in Christus Jesus alreeds ontvang het, of nog soos ‘n weeskind pleit en smeek, en van buite roep om in te kom.

Lees verder »

Strome van Genesing – Vloei

Genade, genesing, salwing, liefde, eenheid, voorsiening, is ‘n vloei. Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Alles in die lewe is ‘n vloei van energie. Die bloed in jou are, die suurstof toevoer in jou longe, die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou

Lees verder »

Toegang Kodes om in God se genade te leef.

Madame Jeanne Guyon, het altyd gesê: “We live by the means of Grace” Genade is ‘n plek, ‘n manier van leef, om binne ‘n bepaalde gesag en outoriteit, mandaat te loop. “Grace is a state of being”[1] Toe die amerikaanse slawe dit reggekry het om van die suide van Amerika na die noorde te vlug, het hulle vryheid tot ‘n nuwe status, en regte gekry. So het ons as gelowiges nie net vergifnis van sonde verkry nie, maar ook die status en reg tot ‘n nuwe lewe in Christus.

Lees verder »

“Jou denke bepaal jou realiteit”

Daar word gesê: “Jou denke bepaal jou realiteit” As iemand by voorbeeld nie goed voel oor hulleself nie, nie dink hulle is goed genoeg nie bepaal dit hulle gesindheid en ingesteldheid teenoor hulle werk. Uiteindelik sal dit die kwaliteit van hulle werk reflekteer. Leer uit Paulus se noue ontkoming 14 dae op see, hoe regdink almal se lewe gered het.

Lees verder »

Elke dag met Jesus is soos om geskenke oop te maak.

Elke dag met Jesus is ‘n verjaarsdag! Elke Dag Met Jesus is soos Kersfees!Wie hou nie van geskenke ontvang nie? Ons almal waardeer ‘n geskenk. Sommige ontvang moeilik, en ander vat sonder om te vra. Alles in die Nuwe verbond is ‘n geskenk, en kan net as ‘n geskenk ontvang word.

Lees verder »

WAAR KRY JY KRAG VANDAAN?

Sessie 3 van Heilige Gees seminaar: Jesus is ‘n permanente ewige volhoubare kragbron wat nooit load-shed en ‘depleted’ raak nie! What makes you bold, strong,

Lees verder »